debende.co.za

Nie sommer net nog 'n fanpage nie.

Dis die Binnekring.

Dis nie vir almal nie — dis vir mý mense.
'n Boodskap van Riaan

“Ek wou nader kom aan die mense wat my loopbaan ondersteun.”

Nie deur nog ‘n plasing op Instagram nie. Régtig nader. So hier is dit.
Ek doen dit omdat ek régtig wil weet wie julle is — nie sommer ‘n naam in ‘n comment nie. Ek wil ‘n plek hê waar dit net ek en julle is, weg van al die rumoer af.
Daarom hou ek dit by 1 000 mense. Nie meer nie. So kan ek die kwaliteit hou en by elkeen van julle uitkom.
Groete liefde,
Riaan
Welkom in die binnekring

Hey Tjommie

As jy ‘n deBende Lid is, is jy deel van meer as net ekstra content. Jy vorm deel van my binnekring — ‘n gemeenskap van mense wat dieselfde dinge liefhet as ek: goeie liedjies, Afrikaans, jag, gholf én die lewe.
Sien wat jy kry
01

Een keer ‘n jaar hou ons ‘n optrede net vir deBende Lede, in Pretoria. Elke lid is welkom – geen kaartjies, geen gejaag vir plek nie. Net ons klomp, saam op een plek.

02

Een keer ‘n jaar maak ek ‘n video net vir jou. ‘n Verjaarsdag, iemand wat swaarkry, ‘n spesiale oomblik — sê my en ek doen dit.

03

Private afslagkodes, net in die groep. Soms net vir ‘n paar dae. Jou lidmaatskap betaal homself terug.

04

Ons gaan ‘live’ in die groep — vra my enigiets. Mis jy een, ons laai dit op sodat jy kan inhaal.

05

Voorsmakies, goed wat nog nooit uitgekom het nie, liedjies wat nog nooit vrygestel is nie. Jy hoor dit eerste — lank voor dit publiek raak.

06

Gholf, die jag, die plaas, die pad, die ateljee. Die kant van my lewe wat niemand anders sien nie.

07

Kyk dit ‘live’ terwyl ons opneem — jy hoef nie te wag vir die finale weergawe nie. Jy’s eerste in die lyn.

08

Stuur jou vrae vir die podcast-gaste. Ons kies die beste 4–5 en vra hulle ‘live’. En jy weet, nog voor die publiek, watter gas volgende kom.

Wat dit kos

Word deel van deBende

Een betaling en jy kuier 12 maande lank saam. Jy’s in vir die deBende lede optrede, jy kry ‘n persoonlike video van Riaan, (R500 werd) — en nog hope meer.

Net 1 000 mense is welkom. Wanneer die plekke vol is, is hulle vol.

Vrae

Alles wat jy wil weet

Ja. Van 1 September 2026 af is deBende ‘n betaalde kanaal. Dit kos R999 vir ‘n volle jaar, BTW ingesluit. Een betaling, dan is jy 12 maande lank binne.

12 maande vanaf die dag wat jou betaling deurgaan. Ons laat jou betyds weet voor dit verval, en niks word outomaties afgetrek nie — jy besluit self of jy weer wil aansluit.

R999 vir die jaar, BTW ingesluit. Dis dit — geen maandelikse afrekening nie, geen verrassings nie.

Sodra jy aansluit, kry jy ‘n bevestiging. Ons voeg jou dan binne ongeveer 24 uur met die hand by die Privaatgroep. Hou net jou epos dop.

Glad nie. Telegram is ‘n gratis app, baie soos WhatsApp. Ons stuur jou ‘n eenvoudige stap-vir-stap metode sodra jy aansluit, en dan is jy binne ‘n paar minute reg. (Let wel: Telegram vra soms ‘n eenmalige SMS van ongeveer R20 om jou nommer te bevestig — dis Telegram s’n, niks met deBende te doen nie.)

Geen probleem nie — ons laai dit in die groep op, so jy kan altyd later inhaal.

Ja. Die Verbruikerswet gee jou die reg om enige tyd te kanselleer met 20 werksdae kennis. Stuur net ‘n e-pos na info@debende.co.za.

Ons betaal die res van jou jaar terug, minus ‘n redelike kansellasiefooi soos die wet toelaat.

Jy het ook 7 dae afkoeltyd nadat jy betaal het — volle terugbetaling, solank jy nog nie die Telegram-skakel gebruik het nie. Sodra jy binne die groep is, het die diens begin en val die afkoeltyd weg.

Almal is welkom

Kom kuier saam.

Dis waar die musiek, die stories en die mense bymekaarkom. Word vandag deel van deBende.
Scroll to Top